Reduksie

Reduksie is 'n chemiese proses waarin die oksidasiegetal van 'n atoom verklein word. Dit beteken dat hierdie atoom een of meer elektrone opneem van 'n ander atoom of molekule. In elektrochemiese selle kan die elektrone ook van 'n elektrode opgeneem word. Hierdie elektrode word die katode genoem.

'n Voorbeeld van reduksie is die reaksie van 'n oplossing van 'n kopersout met 'n stuk yster wat in die oplossing gedompel word. Die koperione sal as kopermetaal op die stuk yster neerslaan en elke koperatoom daarby sal twee elektrone opneem:

Die oksidasiegetal van koper word hierdeur van 2+ na 0 verminder.


Developed by StudentB